80ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 24 Februarie 2008 | |
Plek | Kodak-teater, Los Angeles | |
Aanbieder | Jon Stewart | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | No Country for Old Men | |
Meeste pryse | No Country for Old Men (4) | |
Meeste benoemings | No Country for Old Men en There Will Be Blood (8 elk) |
Die 80ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Februarie 2008 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2007. Jon Stewart was die aanbieder.
No Country for Old Men het die meeste Oscars gewen (vier), onder meer vir beste prent en regisseur. Ander wenners sluit in The Bourne Ultimatum (drie) en La Vie en Rose en There Will Be Blood (twee elk).